back

Die sel

Die basiese struktuur gemeenskaplik aan alle selle word in hierdie elektronmikrograaf van die lewer geillustreer.

Fig em-001
Fig EM001

  • Noem al die organelle wat in 'n sel gevind kan word.
  • Wat word die vloeistof waarin die organelle in die sitoplasma gesuspendeer is, genoem?
Wheater's Functional Histology bl. 2-3 (3e Ed) of bl. 4-5 (4e Ed) .

Die Selmembraan

Alle selle is deur 'n membraan omhul en in hierdie mikrograaf word drie selmembrane gewys. Hierdie is 'n baie hoë vergroting van die selmembrane. Geen ander organelle is in die mikrograaf teenwoordig nie.

Fig em-002
Fig EM002

  • Wat is die 4 maniere waarop uitruiling van molekules oor 'n plasmamembraan kan plaasvind?
  • Wat word die proses genoem wat verantwoordelik vir transport van groot molekules oor die plasmamembraan is?
Wheater's Functional Histology bl.4-7 (3e Ed) of bl.6-9 (4e Ed) .

In die volgende mikrograaf wat ook met aspekte van die selmembraan te doen het, identifiseer die strukture wat nos. 2 & 4 in Fig EM003 gemerk is:

Fig em-003
Fig EM003

  • Wat is die funksie van lisosome?
  • Wat is die funksie van peroksisome?
Wheater's Functional Histology bl.7-9 (3e Ed) of bl.18-21 (4e Ed) .

Die Kern

Die kern bevat DNA, RNA en nukleoproteïene. In hierdie mikrograaf word die verskillende strukture wat hierdie komponente bevat in die kern geillustreer.

Fig EM004
Fig EM004

  • Wat is heterochromatien en waar word dit in die kern gevind?
  • Wat is euchromatien en waar word dit in die kern gevind?
  • Wat is 'n Barr-liggaampie en waar word dit in die kern gevind?
Wheater's Functional Histology bl.10-11 (3e Ed) of bl.10-11 (4e Ed)

Hierdie mikrograaf is weereens 'n snit deur die kern maar is hier tangensiaal of skuins gesny sodat sekere strukture soos die kernporieë duideliker gesien kan word.

Fig EM005
Fig EM005
  • Hoe vertoon die kernporieë in 'n skuinssnit?
  • Wat stel die klein kolletjie in die middel van 'n kernporie voor?
Wheater's Functional Histology bl.10-11 (3e Ed) of bl.12 (4e Ed)

Strukture geassosieer met proteïen en lipied sintese

Proteïene is 'n belangrike onderdeel van die strukturele komponente van die sel. Die Hoof organelle wat met proteïensintese te doen het is die kern en die ribosome. In die volgende mikrograaf word van hierdie strukture geillustreer.

Fig EM006
Fig EM006

  • Hoe sou u die struktuur van growwe endoplasmiese retikulum beskryf en wat is sy funksie?
Wheater's Functional Histology bl.12 (3e Ed) of bl.14 (4e Ed)

Die volgende mikrograaf illusteer 'n ander tipe endoplasmiese retikulum. Identifiseer die strukture wat nos. 1 & 3 in Fig EM003 gemerk is:

Fig EM003
Fig EM003

  • Wat is die funksie van gladde endoplasmiese retikulum?
  • Hoe verskil die struktuur van growwe endoplasmiese retikulum?
Wheater's Functional Histology bl.13 (3e Ed) of bl.15 (4e Ed)

Strukture geassosieer met sekresie

Binne die gekompartimentaliseerde sitoplasma word verskillende stowwe in die sel vervoer. 'n Sisteem bestaan in die sel wat oplosbare en membraan proteïene van die endoplasma na die Golgi vervoer.

Fig EM007
Fig EM007

  • Wat is die hoof funksies van die cis en die trans oppervlakke van die Golgi stapels?
Wheater's Functional Histology bl.14-16 (3e Ed) of bl.16-17 (4e Ed)

Strukture geassosieer met energie produksie en stoor

Sellulêre funksies is afhanklik van 'n konstante voorraad energie. Die mitochondria vervul hierdie funksie.

Fig EM008
Fig EM008

  • Noem die 6 strukture wat in 'n mitochondrion gevind word.
Wheater's Functional Histology bl.17-19 (3e Ed) of bl.22-24 (4e Ed)

Meeste selle genereer en stoor glukose en vetsure waar hulle in een of ander vorm soos sellulêre respirasie (glikolise) gebruik word. In hierdie mikrograaf word van hierdie strukture geillustreer.

Fig EM009
Fig EM009

  • Wat is 'n uitkennende kenmerk van die lipieddruppels in hierdie mikrograaf?
Wheater's Functional Histology bl.19 (3e Ed) of bl.25-26 (4e Ed)

Strukture geassosieer met die sitoskelet

Alle selle besit 'n raamwerk van filamente en tubules wat die sel ondersteun en word die sitoskelet genoem. In selverdeling speel die sitoskelet 'n belangrike rol in die vorming van die mitotiese spoel.

Fig EM010
Fig EM010

  • Wat is 'n sentrosoom?
  • Wat is die 3 hoof strukturele elemente wat in selle gevind word?
Wheater's Functional Histology bl.20-24 (3e Ed) of bl.27-31 (4e Ed)

Beweeglike strukture van die sel

Sekere selle bevat motiele of beweeglike strukture soos silia en mikrovilli wat in 'n golwende ritme mukus of vloeistof of partikels in 'n spesifieke rigting beweeg. Silia word in die volgende mikrograaf gedemonsteer.

Fig EM011
Fig EM011

  • Wat is die verskil tussen 'n silium en 'n mikrovillus?
Wheater's Functional Histology bl.86 (3e Ed) of bl.90-91 (4e Ed)

Silia word ingebed in 'n struktuur wat 'n basaalliggaampie genoem word. Hierdie basaalliggaampie kom direk langs die selmembraan in die sitoplasma voor. Hierdie mikrograaf illustreer 'n dwarssnit deur 'n silium.

Fig EM012
Fig EM012

  • Wat is die verband tussen die aksonema en die basaalliggaampie?
  • Hoe word die mikrotubules in 'n silium gerangskik?
  • Hoe verskil die rangskikking van die mikrotubules in die silia en basaalliggaampies?
Wheater's Functional Histology bl.86 (3e Ed) of bl.90-91 (4e Ed)

Die Basaalmembraan

Basaalmembrane is plaatagtige strukture wat tussen die bindweefsel en epiteel, spier of ander seltipes voorkom. In hierdie mikrograaf word die basaalmembraan en sy verskillende strukture geillustreer.

Fig EM013
Fig EM013

  • Wat is die verskil tussen 'n basaallamina en 'n basaalmembraan?
Wheater's Functional Histology bl.64 (3e Ed) of bl.67-68 (4e Ed)

back


Memorandum
Fig EM001 Fig EM002 Fig EM003 Fig EM004
Fig EM005 Fig EM006 Fig EM007 Fig EM008
Fig EM009 Fig EM010 Fig EM011 Fig EM012
Fig EM013      

back Bo Begin


© augustus mm marius loots